

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 30 April 2015
Laerskool Louis Trichardt se eerstespan rugbyseuns het rede om breed te glimlag.
Hulle het die afgelope naweek as algehele wenners van die Super 8-toernooi vir laerskole in Polokwane uit die stryd getree.
Die deelnemende laerskole, buiten Louis Trichardt, was Noordskool van Polokwane, Bergland van Nelspruit, Krugerpark van Mokopane, Lydenburg, Thabazimbi, Phalaborwa en Bosveld van Ellisras. Op pad na die finaal klop hulle vir Noordskool 12-5, Krugerpark 19-5 en Bergland 12-5. In die finaal klop hulle Thabazimbi 17-7 in ‘n titaniese eindstryd. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Triegies se eerstes hierdie titel inpalm.
Afgeneem is lede van Triegies se trotse wenspan, kort na hul oorwinning. Wat die skool se ander rugbyspanne se prestasies in die toernooi betref, wen die O/9’s twee van hul wedstryde, speel een gelykop en verloor een. Die O/10’s wen twee en verloor 1, terwyl die O/11’s heelwat beter vertoon in die toernooi. Hulle verloor al drie hul wedstryde, maar nie weer met wegholtellings soos in vorige jare nie. Die O/10’s en O/11’s het net drie van hul vier wedstryde gespeel, nadat hulle teenstanders se spanne onttrek het.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
