ADVERTISEMENT:

 

Generic Image

Kom ondersteun Saterdag die manne

 

Sport  Date: 08 May 2015

 

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die braaiers en koelbokse nader ge­trek kan word vir die jaarlikse Boet Fick Liga.

Vir die volgende ses weke sal die pro­vinsie se top spanne dit uitspook teen mekaar vir die wentitel in dié gesogte liga. Die Louis Trichardt Rugbyklub sal gasheer speel vir die eerste twee naweke se wedstryde in die liga.

Komende Saterdag, 9 Mei, sal die plaaslike spanne te staan kom teen die Mankweng-spanne van die Universiteit van die Noorde. Eerste aan die beurt om 15:30 sal wees die Dendron-span, wat ook bekend staan as Louis Trichardt se tweedespan.

Hierna, om 16:30, sal Louis Trichardt se eerstes ‘n tweede kans kry teen Letaba se eerstes, nadat die twee spanne tydens verlede maand se Conway Rugbydag gelykop gespeel het.

Oudergewoonte word plaaslike ondersteuners uitgenooi deur die klub om die spelers te kom ondersteun. Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig, en oud en jonk is welkom.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines