ADVERTISEMENT:

 

Athri Wilson van die Soutpansberg swemklub het gekwalifiseer om aan die Ope B Nasionale Swemkampioenskappe vanaf 30 Maart tot 1 April in Germiston deel te neem.

Athri kwalifiseer vir SA-kampioenskap

 

Sport  Date: 01 April 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Athri Wilson van die Soutpansberg swemklub het gekwalifiseer om aan die Ope B nasionale swemkampioenskappe in Germiston deel te neem.

Provinsiale spanne skryf in vir die B nasionale kampioenskappe wat vanaf 30 Maart tot 1 April plaasvind. Athri (15) vorm deel van die Limpopospan saam met ander swemmers, hoofsaaklik vanaf Tzaneen en Polokwane.

“Athri se sterkste item is die 800m vryslag. Haar tyd het geval met meer as ‘n minuut. Ons groot doelwit is om haar tyd in ooreenstemming te bring met die kwalifiseringstyd vir die senior nasionale swemkampioenskappe volgende jaar. Athri het baie hard gewerk oor die laaste drie jaar en ons wens haar net die beste toe,” sê afrigter Charl Venter.

Buiten die 800m vryslag, gaan Athri ook deelneem aan die 200m, 100m en 80m borsslag en die 200m individuele wisselslag.

Tydens die Limpopo Provinsie Akwatiese (LPA) kampioenskappe op 26 en 27 November verlede jaar in Polokwane het Athri silwer medaljes ingepalm vir die dames 800m vryslag en die dames 400m individuele wisselslag.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines