ADVERTISEMENT:

 

Triegies se eerste rugbyspan klop Laerskool Pietersburg 40-7 in hul eerste ligawedstryd van die seisoen.

Goeie begin vir Triegies

 

Sport  Date: 22 May 2015

 

Laerskool Louis Trichardt se rugbyspanne het verlede week hul eerste ligawedstryd van die seisoen gespeel.

Hulle het Dinsdag (12de) te staan gekom teen Laerskool Pietersburg. Die kompetisie was van meet af straf gewees, en dit het baie dissipline van Triegies se spelers geverg om punte te kon aanteken.

Die derdespan speel hulle wedstryd gelykop en die tweede­span wen 21-12. Dit was egter die eerstespan wat ‘n wegholoorwinning behaal het deur hul teenstanders oortuigend met 40-7 te klop.
Alhoewel die netbalwedstryde dié dag net vriendskaplik was, het Laerskool Louis Trichardt baie goed gevaar. Die O/13A en B-spanne klop albei hulle opponente.

Die skool het na afloop van die wedstryde al die ouers en borge bedank wat dit moontlik gemaak het vir die spanne om te kon gaan deelneem.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines