ADVERTISEMENT:

 

Die Vhembe Rhinos wat as oorwinnaars uit die stryd tree.

Vhembe Rhinos is sub-unie se beste

 

Sport  Date: 08 April 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die pas-afgelope rondte van sub-unie rugbywedstryde was ‘n goeie aanduiding van die talent in die verre noorde van die land, met die Vhembe Rhinos wat as oorwinnaars uit die stryd tree.

Die finaal van die jaarlikse sub-unie rugbytoernooi vir senior spelers is vanaf 30 Maart tot 2 April by Tzaneen aangebied.

Op 30 Maart kom die Vhembe Rhinos te staan teen die Waterberg Sub-unie en klop hul opponente 35-7. Die volgende dag klop die Vhembe Rhinos die Sentraal Sub-unie met 14-7, waarna hulle op 2 April hul plek as beste span verseker met ‘n 28-17 oorwinning oor die Noord Sub-unie.

Die voorsitter van die Vhembe Sub-unie, Chris Cohen, het die span se kaptein, Karel Erasmus van die Levubu Rugbyklub, gelukgewens met sy span se prestasies. Hy het ook die spelers gelukgewens wat onder meer afkomstig is van die Noordelikes-, Louis Trichardt-, Levubu- en Messina Rugbyklubs, asook die Universiteit van Venda. Die span se afrigters, Johan Ravensteyn (Noordelikes) en Sammy Paulse (Messina), en spanbestuurders, Henso Coetzee en Johan Prinsloo (beide van Noordelikes), het ook ‘n skouerklop gekry.

Cohen was ook vol lof vir die Noord Sub-unie vir die week van harde rugby. In dieselfde asem het hy ook dank uitgespreek teenoor Theuns du Toit, Buffel du Preez, Jaco Basson, Barries Barnard en Koekies Koememoer van die Vhembe Rhino Sub-unie se bestuur. Jaco is ook die afrigter van die Vhembe Rhinos se junior span, wat derde geëindig het tydens die toernooi.

Cohen het ook sy dank en waardering uitgespreek teenoor hul hoofborg, Tusk Venda Casino en Hotel, asook hul ander borge naamlik Du Toit’s Bande (Theuns du Toit), Soetdoring Buiteklub Pietersburg (Johan Prinsloo) en Vhavenda Bricks (Pieter en Theo Lordan).

“Sterkte aan al die Vhembe Rhinos Sub-unie klubspanne met die liga wat voorlê, en laat rugby as sport seëvier,” sê Cohen.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines