

ADVERTISEMENT:

Nog ‘n plaaslike fietsryster, Marco Roets, was derde in die oop klas junior-, O/23-, Elite-, veteraan- en sub-veteraan mans en vroue in ‘n tyd van 01:26:34. Hy was ook die eerste junior man tuis.
Sport Date: 12 June 2015
Bergfietsryers het ook die afgelope naweek die kans gekry om hul staal te wys tydens die Total Kremetart XCO-uitdaging wat Sondag beslis is.
Dié uitdaging is voorafgegaan deur die jaarlikse Kremetart 175- en 70 km wedrenne vir padfietse wat Saterdag beslis is.
Vanjaar se XCO-kragmeting is weereens in die Komatiland-bosbouplantasie beslis, met die baan wat effens meer tegnies was as in vorige jare. Dit het noodwendig vir ‘n hele paar “skouspelagtige” valle gesorg, maar behalwe vir ‘n paar skrape, snye en bloukolle was daar geen ernstige beserings nie.
Die dag het weereens gewys dat fietsry, en veral bergsfietsry, steeds in gewildheid toeneem. Een van die wedrenorganiseerders, Johan van Dijkhorst, het onder meer tydens die prysuitdeling opgemerk dat dit veral verblydend was om soveel jong kinders te sien deelneem. In die Nippers en Sprogs-afdeling het byna 50 jong bergfietsryers deelgeneem.
Die 6 km-sirkelbaan het vir skouspelagtige natuurskoon gesorg, met toeskouers wat getrakteer is op fietsrytalent van heinde en verre.
In die Nippers-afdeling vir meisies was dit Amelie Owens (O/ 9) wat eerste eindig, met Mareli Nel in die tweede plek. Antony Clayton (O/8) wen die Nippers-afdeling vir seuns, met Franco Clayton (O/9) tweede en Henry Owens (O/9) derde.
Die Sprogs-afdeling vir meisies word gewen deur Abigail van Niekerk (O/11), terwyl JC Logtenberg (O/12) die Sprogs-afdeling vir seuns wen. Jarred Watridge (O/11) was tweede en Aljay Lucas (O/ 12) derde.
Die sub-junior afdeling vir meisies word gewen deur Christelle Coetzer (O/14), met Anna Elisa Cutierrez (O/14) tweede en Lara Dando (O/14) derde, terwyl die sub-juniors vir seuns gewen word deur Armand Cronjé (O/14). Casper-John Venter (O/14) was tweede en Arno Smit (O/13) derde.
In die afdelings vir Youth- en meesters, wat saam oor drie rondtes beslis is, word die Youth-afdeling vir vroue gewen deur Anke Lordan (O/16) in 01:00:46, Sune Reyneke (O/16) was tweede en Joleen de Swardt (O/16) derde. Wat die seuns betref, eindig Richard Lambert (O/15) eerste in 01:07:43, Turner de Swardt (O/15) tweede en Carel Smit (O/15) derde. Die eerste mans meester tuis was Fanus Eksteen (01:17:07), met Johnny Dos Reis tweede.
Die laaste wedren van die dag was die oop klas vir junior-, O/23-, Elite-, veteraan- en sub-veteraan mans en vroue. Dit was geen verrassing toe plaaslike fietsryster Kombo Bere die klas gemaklik wen nie. Hy voltooi die moordende en vinnige vier rondtes oor 24 km in ‘n tyd van 01:21:30. Tweede was Jaco Kruger in 01:24:12 en derde nog ‘n plaaslike fietsryster, Marco Roets, in 01:26:34.
In die individuele kategorieë wen Bere ook die mans 17 tot 18 jaar-afdeling. Hier was Marno van Zyl tweede in 01:29:28, met Lachlan Truesdale derde in 01:30:37. Roets was op sy beurt eerste in die mans O/23-kategorie, met Christo Hanekom (01:39:30) tweede en Adrian Joubert derde. Buiten Kruger se tweedeplek, was hy eerste in die Elite-afdeling vir mans. Marc van Zyl was tweede en Tiaan Fullard derde. Jaco Logtenberg was eerste in die sub-veterane afdeling vir mans (01:41:58), met Corné van Deventer tweede en Ruan Welman derde. Bekende plaaslike dokter Casper Venter wen die veteraan-afdeling vir mans in ‘n tyd van 01:35:37. Douw Grundeling was tweede (01:46:23) en Marius Joubert derde (01:48:24).
Die eerste junior vrou was Nicola Foord (01:31:35), met Bernice Cronjé tweede en Carlien Jordaan derde. Natasja Ehlers wen die sub-veteraan-afdeling vir vroue, terwyl Chantel Scott die veteraan-afdeling vir vroue wen (01:31:56), met Christie Thomas tweede en Lezelle Cronjé derde.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
