ADVERTISEMENT:

 

Dié vyf lede van die Louis Trichardt Kleiteikenskietklub het hulle uiters goed van hul taak gekwyt tydens die onlangse Limpopo Ope. Voor, van links, staan Hans Uys, Samantha, Jessica en Howard Pennells. Agter staan Steve Krügel.

Plaaslike skuts in die kol

 

Sport  Date: 29 April 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Lede van die Louis Trichardt Kleiteikenskietklub het hulle uiters goed van hul taak gekwyt tydens die Limpopo Ope wat vroeër die maand beslis is.

Dit was die tweede groot skietkompetisie vir 2005 en ongeveer 80 skuts van regoor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem.

In die ATA Trap-afdeling van die toernooi behaal Howard Pennells ‘n algehele derde plek met ‘n telling van 97 punte uit ‘n moontlike 100. Pieter du Plessis van Butterfield Brood palm ‘n goue medalje in die C-klas in met ‘n telling van 87 punte uit ‘n moontlike 100. Howard se dogters, Jessica en Samantha, skiet op hulle beurt altwee 90 punte uit ‘n moontlike 100 in die ATA-afdeling en moes uitskiet vir eerste en tweede plekke. Op die ou end wen Jessica met Samantha tweede.

In die “dubbels” behaal Howard ‘n tweede plek met ‘n telling van 85, terwyl Hans Uys derde is met ‘n telling van 81.

Howard behaal ook ‘n eerste plek in die A-klas van die DTL-afdeling met ‘n telling van 587 punte uit ‘n moontlike 600. Die algehele wenner van dié afdeling was Dave Cohen van Botswana met ‘n rekord telling van 600/600. Hans Uys was tweede in die B-klas van die afdeling met ‘n telling van 291 punte uit ‘n moontlike 300. Steve Krügel was derde in die B-klas met ‘n telling van 286 punte uit ‘n moontlike 300. Jessica en Samantha ruil plekke in die DTL-afdeling met Samantha in die eerste plek met 563 punte uit ‘n moontlike 600 en Jessica tweede met 549 punte uit ‘n moontlike 600.

Howard, Jessica en Samantha behaal almal die minimum kwalifiserende totaal om in 2006 in Australië te gaan skiet. Die drie, tesame met Hans Uys, neem ook dié week deel aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en African Grand in die Paarl.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines