ADVERTISEMENT:

 

Sterling Challenge weer aangebied

 

Sport  Date: 29 April 2005

 

MAGOEBASKLOOF - Een van die meer veeleisende fietswedrenne van die jaar in die provinsie, die Sterling Magoebaskloof Challenge, word op 7 Mei weer hier aangebied.

Die uitdaging behels onder meer fietswedrenne oor afstande van onderskeidelik 105km, 70km, 35km en 10km.

Deelnemers aan die 105km spring by Hoërskool Merensky weg, ry deels om die Tzaneen dam, met Magoebaskloof op en dan met Georges Valley af tot weer by die skool. Die korter roetes volg almal dele van hierdie roete. Die borg van die dag is Sterling Light Lager. ‘n “Kiddies-race” word ook vir die jongklomp op die skool se sportterrein beplan.

Deelname kos R80 vir die 105km- en 70km-wedrenne, R60 vir die 35km-wedren en R20 vir die 10km-wedren.

Vooraf inskrywings kan gedoen word by www.supercycling.co.za en lyninskrywings kan gedoen word op Vrydag, 6 Mei, vanaf 16:00 tot 20:00 en op Saterdag, 7 Mei, vanaf 06:00 tot 07:30 by Hoërskool Merensky.

Vir meer inligting, skakel George Malan (082 554 6650), Malan Pretorius (072 735 4057), Jaco du Plessis (082 853 9070) of Corrie Bezuidenhout (082 465 0514).

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines