

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 06 May 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die organiseerders van die Zero to Hero-uitdaging het hul dank uitgespreek teenoor die publiek vir hul geduld en bedagsaamheid teenoor die fietsryers in strate en langs ons hoofweë gedurende die afgelope 15 weke.
Alhoewel die amptelike Zero to Hero-uitdaging afgesluit is met die 76km wedren vanaf Vivo, begin die laaste afronding vir die fietsryers nou in alle erns vir hul deelname aan die Kremetart Fietswedren op 4 Junie.
Entoesiastiese bydraes en reëlings van liefdadigheidsorganisasies, die publiek, asook finansiële ondersteuning het tot dusver gekom vanaf P&L Hardeware, Coca-Cola Fortune, Tusk Venda, Cycle Centre, PPC Sement, SAB, Boschendal en die Makhado Munisipaliteit.
Vanaf ‘n klein begin oor ‘n tydperk van 12 jaar, het die Kremetart Fietswedren geweldig gegroei. Danksy die toetrede van ‘n vaste borgskap vir die klub vanaf P&L Hardeware, asook ander borge vir die wedren, kon beter beplanning, organisering en bemarking plaasvind en deelname aan die Kremetart Fietswedren het met 300% gegroei. Vanjaar kan dit alle rekords oortref, en moontlik die grootste fietswedren wees in die Limpopo Provinsie.
Met die fietsfees wat vanjaar amptelik deel word van die Kremetart 175km vier-fase wedren voorspel die reeds suksesvolle resies groot dinge vir die jare wat kom. Planne wil dit hê dat hierdie fietsfees - eerste in sy soort - gelykstaande en waarskynlik groter kan word as kunsfeeste in ander dele van ons land. Dit is ‘n wonderlike projek deur die gemeenskap vir die gemeenskap.
Onnodig om met syfers te probeer rondspeel; elke entrepreneur en besigheidspersoon weet wat dit in die toekoms voorspel danksy die positiewe bydraes en hulp van ‘n ieder en elk.
Vir die wat nog moed bymekaar skraap om te begin trap, bied die P&L Hardeware Fietsryklub weer ‘n Zero to Hero-program volgende jaar aan.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
