

ADVERTISEMENT:

CP van Wyk, triomferend afgeneem tydens die USSA-kampioenskapstoer. Foto verskaf.
Sport Date: 10 July 2015
CP van Wyk van Louis Trichardt is stadig maar seker besig om homself te vestig as een van die land se top fietsryers, nadat hy as USSA (University Sport of South Africa) se Studentekampioen van die Jaar aangewys is.
CP is tans ‘n tweedejaar student by die Universiteit van Stellenbosch waar hy BCom-bestuursrekeningkunde studeer. Hy was deel van die Maties-fietsryspan wat vanaf 29 Junie tot 1 Jullie deelgeneem het aan die USSA-kampioenskapstoer in die Kaap. Elke span het bestaan uit agt fietsryers wat universiteite van regoor die land verteenwoordig het.
Die drie-dag toer het op 29 Junie weggespring met ‘n kort padwedren, wat bestaan het uit ses rondtes van 12,3 km elk vir die mans, en vier van dieselfde rondtes vir die vroue. Dit is gevolg deur ‘n 9,4 km individuele tydtoets. Op dag twee was daar ‘n lang padwedren wat bestaan het uit drie sirkelrondtes van 37,5 km vir die mans en twee rondtes vir die vroue. Die toer is op 1 Julie afgesluit met ‘n 1,7 km sirkelroete en 2 km heuwelklim, waarna daar die aand ‘n spog prysuitdeling was.
Buiten dat CP die Suid-Afrikaanse trui ontvang het as USSA se 2015 padfiets studentekampioen van die jaar, het hy ook die geeltrui vir die meeste punte en die groentrui vir die beste tyd tydens die toer ingepalm. CP is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat volgende jaar aan die Wêreldkampioenskappe vir universiteite in die Fillipyne gaan deelneem.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
