

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 06 May 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die dorp se eerste rugbyspan het hul wedstryd teen Pietersburg Dorp deur hul vingers laat glip op 30 April, na ‘n aanvanklike goeie begin.
Die tuisveldvoordeel het verseker dat Louis Trichardt teen halftyd 12-5 voorgeloop het na ‘n uitstekende afstorm-drie deur Kobus van der Goot.
Chris Swart (haker) het met ‘n stukkie briljante individualisme ‘n skitterende drie vroeg in die tweede helfte gedruk om die telling na 19-5 vir Louis Trichardt te vat. Die slot Mauritz Adendorf het goeie dryflopies aangevoer vir Louis Trichardt.
Pietersburg Dorp het egter met ‘n verrassende aanslag teruggekom wat Louis Trichardt heeltemal onkant gevang het. Dit het gelei tot twee drieë in die laaste 15 minute, asook ‘n strafdoel, wat die telling na 22-19 geneem het en die wedstryd vir die opponente beklink het.
“‘n Duur les is geleer en Louis Trichardt besef dat daar nou baie harde werk voorlê, maar ons kan ook bysê dat die liga nie in April gewen word nie,” sê afrigter Philip Potgieter.
Louis Trichardt se tweedes het ook harde bene gekou en met 22-5 verloor. Hier het Tjaart Blignaut (flank) sy hart uitgespeel en losskakel Stiaan Erasmus het ook goeie spel gelewer.
Die derdes was die lig in die tonnel en wen 15-13.
Die dorp speel eerskomende Saterdag op Polokwane teen Patriotte (Pietersburg Polisie).
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
