

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 06 May 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Groep van 19 plaaslike perderuiters het die afgelope naweek (29 tot 30 April) beïndruk deur almal die Letaba Uithouritklub se uithourit by Die Eiland te voltooi.
Die groep ruiters het bestaan uit 14 lede van Louis Trichardt en vyf van Musina. Onder hulle was beide lede en nielede van die Soutpansberg Uithouritklub.
Plaaslike ruiter, Juline du Preez, het veral beïndruk toe sy deelgeneem het aan haar eerste uithourit oor 60km en dit suksesvol voltooi. Wat haar prestasie merkwaardig maak, is die feit dat meeste eerstelinge slegs ‘n 30km uithourit voltooi. Juline, wat nog nie lid is van enige klub nie, het na die byeenkoms haar voornemens uitgespreek om dadelik aan te sluit by die Soutpansberg Ruiterklub.
Die Soutpansberg Ruiterklub se volgende plesierrit vind plaas op 14 Mei op die plaas Brakspruit van Lukie Horn naby LMB Makhado. Slaapgeriewe sal beskikbaar wees. Enige persoon is welkom om aan die uitstappie deel te neem.
Die klub se plesierrit word opgevolg met ‘n uithourit oor 30km, 60km en 80km by Sondela naby Warmbad op 28 Mei. Verskeie klubs sal aan dié byeenkoms, wat ook as ‘n kwalifiserende rondte vir die jaarlikse nasionale toernooi te Fauresmit dien, deelneem.
Vir meer inligting oor die Soutpansberg Ruiterklub en hul aktiwiteite, skakel Lukie Horn by tel. 082 852 1307.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
