

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 13 May 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die dorp se eerste rugbyspan is terug op die wenpad, nadat hulle skitter rugby gespeel het teen Pietersburg Polisie die afgelope naweek.
Die eerstes het ‘n oortuigende oorwinning van 44-0 behaal. Senter Kobus Alberts het uitmuntende spel gelewer en Kevin Ogters het op vleuel uitgestaan met twee skitterende drieë. Die telling kon hoër gewees het as dit nie vir twee geelkaarte was nie. Die geelkaarte het veroorsaak dat Louis Trichardt vir 20 minute met 14 man moes speel.
Die tweedes het strawwe teenstand vanaf Pietersburg Polisie gekry en kaptein Jan van Blerk en sy span kon net nie die knoop deurhaak nie. Leon van Blerk en Dieter Venter het vorendag gekom met goeie spel en uitstekende plettervatte. Dit was egter nie genoeg nie en Louis Trichardt se tweedes verloor die wedstryd 26-12.
Die derdes het voortgebou op hulle goeie spel en het geseëvier met 38-5. Jan Hendrik Bodenskamp, Anton Bothma en Nico Luus, die losvoorspelers, het baljaar met die losballe.
Louis Trichardt verwag sterk teenstand van Levubu eerskomende naweek op Levubu se velde.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
