ADVERTISEMENT:

 

Laerskool Messina se eerste en O/11-krieketspan

Laerskool Messina Krieket

 

Sport  Date: 23 July 2015

 

Laerskool Messina se eerste en O/11-krieketspan het vanaf 10 tot 13 Julie 15 ‘n kriekettoer by Camp Discovery bygewoon. Die seuns het baie geleer en het in die algemeen goed gevaar in die onderskeie wedstryde wat gespeel is.

Die eerstespan speel vyf wedstryde, waarvan hulle twee wen en drie verloor. Hulle was baie kompeterend teen die groot skole. Die O/11’s speel vier wedstryde, waarvan hulle een wen en drie verloor. Die skool het hul dank uitgespreek teenoor al die borge wat deelname aan die toer moontlik gemaak het. “Sonder hulle sou die toer nie moontlik gewees het nie,” het die skool gesê. Bo is die skool se eerstespan.

Die span se borge was Hanley Wildlife Services, Pakama Crushers en Greater Kuduland. Regs is die skool se O/11-span. Hulle borge was Patrick en Lindy Rosslee en Messina Toyota (pet­te, sakke en water­bottels), Reive Water (hempies en water), Johan en Annelien Sliep (broeke) en Sonette Coetzee en Jacomien Smith (hemde). Foto’s ver­skaf.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines