ADVERTISEMENT:

 

Triegies se krieket eerstespan sien met opgewondenheid uit na die komende krieketseisoen, nadat hulle hul vernuf geslyp het by ‘n oefenkamp die afgelope wintervakansie. By die span is hulle afrigters, Stoffel du Toit (links) en Dirk van den Berg (regs). Foto verskaf.

Triegie-eerstes een van beste spanne

 

Sport  Date: 24 July 2015

 

Laerskool Louis Trichardt se eerstespan het gedurende die pasafgelope skoolvakansie op ‘n kriekettoer gegaan.

Tydens die toer het hulle ge­slyp aan hulle spel, en sommer ook kragte gemeet teen die ander skole wat ook kom deelneem het. Die toer het deel gevorm van ‘n oefenkamp wat vanaf 1 tot 4 Julie aangebied is by Camp Discovery net buite Pretoria.

“Die seuns het baie goed ge­speel, en was teen die einde van die toer een van die beste spanne gewees,” het afrigters Stoffel du Toit en Dirk van den Berg gesê.
Individuele spelers wat uitgestaan het was Gerhardus Fourie, wat 127 lopies in drie kolfbeurte aangeteken het, waarvan daar ‘n beurt van 53 (33 balle) was. Hy het ook ses paaltjies geneem op die toer.

LJ Fick het ook ‘n beurt gehad van 47 lopies (38 balle) en vyf paaltjies vir vyf lopies (5/5) geneem teen Laerskool Emfuleni. Willem-Albert Ludick en FC Phillipson sluit hulle toer af met drie paaltjies elk.

Die span het vol moed teruggekom en sê hulle sien uit na die provinsiale krieket skoleliga wat in Augustus sal begin.

 

Written by

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines