ADVERTISEMENT:

 

Lede van die plaaslike Soutpan Jukskeiklub en die Olifante van Groblersdal bekyk die stand van sake by die pen tydens die afgelope Saterdag se Soutpan Ope jukskei byeenkoms. Spanne uit alle dele van die provinsie het aan die saamtrek deelgeneem, met ook ‘n sterk gekombineerde span van Tshipise, wat hom deeglik op die byeenkoms laat geld het.

Tarentale wen jukskeidag

 

Sport  Date: 20 May 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Altesaam 23 spanne van klubs in alle dele van die provinsie het verlede Saterdag deelgeneem aan die Soutpan Ope Jukskeidag.

‘n Plaaslike uitnodigingspan en ‘n gekombineerde span van Tshipise het ook aan die byeenkoms deelgeneem.

Die Tarentale van Potgietersrus was die wenners in die A-afdeling. Tweede was die gekombineerde span van Tshipise en derde die Olifante van Groblersdal.

In die B-afdeling was die wenners die Steenbokke van Polokwane met Naboom in die tweede plek en Tshipise in die derde plek.

In die C1-afdeling was Landdros van Pietersburg eerste, met Steenbokke in die tweede plek en Tshipise derde.

In die C2-afdeling was Soutpan eerste met Mopanie (Polokwane) en Tshipise gelyk in die tweede plek.

Die trofee vir die beste gees tydens die byeenkoms is deur Naboom verower.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines