ADVERTISEMENT:

 

Vyf plaaslike gimnaste het die naweek as Limpopo kampioene na vore getree tydens die provinsiale gimnastiekbyeenkoms hier. Die vyf is (voor) Elouise Spies en Nedine van Deventer. Agter is Renier Scheepers, Jean le Roux en Brian Harding.

Gimnaste presteer tydens Limpopo-kampioenskappe

 

Sport  Date: 20 May 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Gimnaste van die plaaslike gimnastiekklub het uitmuntend gevaar by die provinsiale byeenkoms wat die afgelope naweek hier afgehandel is.

Talle plaaslike gimnaste is na afloop van die byeenkoms gekeur vir die provinsiale gimnastiekspan wat op 4 Junie aan die Limpopo Spele gaan deelneem. Louis Trichardt sal as gasheer optree van die spele. Tydens die spele sal ‘n span gekies word wat op 24 en 25 Junie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Pretoria sal deelneem.

Tydens die provinsiale kampioenskappe die afgelope naweek het plaaslike gimnaste verskeie eerste plekke behaal en as provinsiale kampioene uit die stryd getree. Die kampioene is Elouise Spies (Vlak 2 – agt jaar en jonger), Nedine van Deventer (Intreevlak), Renier Scheepers (Intreevlak), Jean le Roux (Vlak 3 -16 jaar en ouer) en Brian Harding (Vlak 3 - 14 jaar en jonger). Nedine van Deventer en Jean le Roux is ook aangewys as die beste gimnas, ongeag van ouderdom, in hul onderskeie vlakke.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines