

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 20 May 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - “Die dorp se eerstes maak met Levubu soos die Bulls met die Stormers,” sê die Louis Trichardt Rugbyklub se afrigter, Phillip Potgieter, wat nie kon nalaat om eers ‘n bietjie te spog nie.
Louis Trichardt se eerstes het Saterdag (14de) op Levubu voortgebou op hul skittervertoning van die vorige naweek. Louis Trichardt se eerste span verpletter Levubu 44-5 en verseker sodoende vir hulle nog ‘n ekstra vyf punte op die ligaleer en lê tans derde na Letaba en Pietersburg se spanne.
Louis Trichardt se voorspelers het met mening geskrum en gedryf en vinnige, skoon balbesit aan die blitsige agterspelers verskaf. Corrie Jooste het sy teenstander ‘n les of twee in die skrums gegee. Agterlangs het almal uitgeblink, maar veral Dawid Oosthuizen met sy driekuns van drieë op vleuel.
Die tweedespan het nie tyd gemors nie en vroeg in die wedstryd drie punte aangeteken deur Jan van Blerk se strafskop. Die senterkombinasie van Dirk Coetzer en Peet du Preez het die opponente aan flarde gehardloop en Louis Trichardt wen die wedstryd 15-5.
Louis Trichardt se derdes het volpunte huistoe gebring, aangesien hulle opponente nie opgedaag het nie.
Na die wedstryde het die spelers heerlik saam rooibok op die spit gebraai en gekuier.
“Uit gesprekke blyk dit of die twee klubs in die nabye toekoms heel moontlik hulle kragte gaan saamsnoer, maar tyd sal leer,” sê Potgieter.
Saterdag, 21 Mei, speel Louis Trichardt tuis teen Mokopane (Potgietersrus) se drie spanne vanaf 15:00. Almal is hartlik welkom.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
