ADVERTISEMENT:

 

‘n Losskrum tydens Saterdag se wedstryd tussen Louis Trichardt se eerstes en Potgietersrus. Na ‘n amper gelykoptelling teen halftyd het Louis Trichardt goed terug geveg in die tweede helfte en hul opponente 44-20 geklop.

Dorp se eerstes steeds op die wenpad

 

Sport  Date: 27 May 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die dorp se eerste rugbyspan verbeter hul wenrekord met elke wedstryd.

Verlede Saterdag was dit Potgietersrus se beurt om te beleef watter talent en krag-rugby Louis Trichardt het om te lewer.

Vanaf die afskop was dit duidelik dat dit ‘n klipharde wedstryd sou wees, veral gemeet aan die fisiese grootte van Potties se spelers.

Halftyd was dit egter nog ‘n naelbyt affêre met die telling 17-15 in Potties se guns. Louis Trichardt het egter met nuwe ywer in die tweede helfte ingeklim en puik spel gelewer.

Mauritz Adendorff, Louis Trichardt se slot, het gewys hoeveel ‘n beweeglike slot met balvaardighede vir ‘n span beteken. Hy het ‘n skitterende drie gaan druk, nadat hy ‘n kort skoppie uitgevoer het oor Potties se koppe en met spoed opgevolg het om te gaan druk. Hy is ook as Speler van die Wedstryd aangewys.

Die span het soos een man in die tweede helfte gespeel en Potties ‘n 44-20 loesing gegee.

Die tweede en derde span verdien ook elk ‘n volle 5 punte op die liga se punteleer deur hul wedstryde te wen.

Die span bedank al sy getroue ondersteuners wat met elke tuiswedstryd bankvas agter hulle staan.

Op 28 Mei meet Louis Trichardt kragte teen Noordelikes in Polokwane.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines