

ADVERTISEMENT:

Bo: Goue medalje wenners tydens die naweek se Limpopo Gimnastiekkompetisie is voor, van links na regs, Kelly Matswiki, Jennifer Setecki, Jana Erwee en Clarissa du Preez. In die middel is Francois Nel, Karla Kotze, Fransuné Venter, Chamoné Herbst, Jannes van der Goot, Yolinda Moller en Fourie Steyn. Agter is Tamar Kellerman, Mia Alberts, Ethel du Preez, Isabella Marais, Michelle Steyn, Jessica Taylor en Dimpo Matswiki. Afwesig tydens die neem van die foto was Amor Veldsman, Isabella Baker en Mienke Pretorius. Foto verskaf.
Sport Date: 21 August 2015
Die Louis Trichardt Gimnastiekklub het vir die tweede agtereenvolgende jaar gasheer gespeel vir die Limpopo Vlak 1 tot 3 kompetisie.
Tydens die spoggeleentheid het daar bykans 280 gimnaste van regoor die provinsie kom deelneem vir ‘n kans om te kwalifiseer vir hul provinsiale kleure. Altesaam 30 van Louis Trichardt se eie gimnaste kon daarin slaag om hulle kleure te ontvang. Hierdie gimnaste sal ook vanaf 27 tot 29 Augustus aan die Noord-Sone Kompetisie in Kempton Park deelneem, waar hulle te staan sal kom teen mededingers van Gauteng, Mpumalanga, Oos-Gauteng en die Vaal-driehoek.
“Die gimnaste wat deelgeneem het, het dit ‘n baie spesiale kompetisie gemaak,” het die klub gesê. “Sonder die hulp en bystand van ‘n positiewe en hardwerkende ouerkorps en plaaslike besighede sou die kompetisie nie ‘n sukses kon gewees het nie.”
Die klub het hul opregte dank uitgespreek teenoor Franna en Anriëtte Knoetze, Saki en Miem Nel, Philip en Maricia Ludick, Mark en Elize Baker, Phillip en Vicky Potgieter, Koos en Heidi Alberts, Eerste Nasionale Bank, James van Heerden, Pieter en Ronelle Schlesinger, Johan van Dyk Loodgieters, Maartin Venter van Madi Tanks, Leach Printers, Coca Cola Fortune PTY LTD, die Louis Trichardt Muurbalklub, U-Print, Sanri van Niekerk en Sunelia Oelofse, wat borge of donateurs van die praggeleentheid was.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
