

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 03 June 2005
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Griep het die afgelope naweek die dorp se eerste rugbyspan gepootjie.
Na ‘n moeilike week waarin die meeste van die eerstespan se spelers erge griep-aanvalle beleef het, moes hulle Noordelikes van Polokwane aandurf sonder ses van hul gereelde spelers. Dit was erg ontwrigtend vir die span en hulle het na ‘n harde stryd ‘n teleurstellende nederlaag van 34-26 teen die span van Noordelikes gely.
Dit verander nie Louis Trichardt se posisie op die punteleer nie en die eerstes lê nog sterk derde op die punteleer. Ian Roos het weereens uitgemunt op vleuel en goed van sy spoed gebruik gemaak om punte aan te teken.
Die tweedes het halftyd nog 17 elk gelykop gelê, maar die griep in die dorp het hulle ook hard geslaan. Jan van Blerk en sy manne kon die tweede helfte die stryd net nie deurtrek nie en verloor 46-24.
Die derdespan het skoonskip gemaak en vermorsel Noordelikes met 45-0.
Louis Trichardt speel Saterdag (4de) teen Hoedspruit op hul tuisvelde en nooi weereens hul getroue ondersteuners uit om hulle te kom aanmoedig.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
