ADVERTISEMENT:

 

Levubu kou harde bene teen Messina

 

Sport  Date: 03 June 2005

 

LEVUBU – Die eerste en tweede rugbyspanne van Levubu het die afgelope naweek harde bene gekou in hul ligawedstryde teen hul opponente van Musina.

Levubu se eerstes verloor hul kragmeting teen Messina I met 17 punte teenoor 32. Levubu se punte is aangeteken deur Brandon Basson wat twee drieë vir sy span druk. Die res van die punte was te danke aan Karel Erasmus se skopskoen. Erasmus stuur twee doelskoppe en een strafskop deur die pale. Die tweedes verloor hul wedstryd 34-10.

Eerskomende Vrydag (3de) kom Levubu se eerste-, tweede- en derdespanne op hul tuisveld te staan teen Letaba. Die eerste wedstryd skop om 19:00 af. Toegang beloop R10 per voertuig of R5 per persoon. ‘n Kontantkroeg en verversings sal beskikbaar wees. Almal word uitgenooi om die tuisspan te kom ondersteun.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines