ADVERTISEMENT:

 

Drie van Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsryers het podiumplekke ingepalm tydens die derde rondte van die Limpopo DebtSafe skole bergfietsliga die afgelope naweek in Mokopane. Van links na regs staan Richardt Lambert (eerste youth seuns), Charné Labuschagne (derde junior meisie) en Kombo Bere (eerste junior seuns).

Fietsryers veg vir plek in DebtSafe-fi naal

 

Sport  Date: 11 September 2015

 

Saterdag (5de) se nat weer en baie modder het glad nie Hoërskool Louis Trichardt se bergfietsryers afgesit nie tydens hul deelname aan die derde rondte van die Limpopo DebtSafe skole bergfietsreeks.

Van die 13 Triegies wat gaan deelneem het aan die Tour de Pot in Mokopane, het 10 onder die top 10 plekke in hulle onderskeie ouderdomsgroepe geëindig. “Hulle het uitstekend gevaar en ‘n hele klomp punte versamel, wat vir ons ‘n definitiewe tweedeplek net agter Stanford College in die Limpopo-liga verseker,” het Renata Joubert (een van die span se afrigters) gesê.

Die DebtSafe-reeks groei in populariteit, met honderde jong bergfietsryers van regoor die provinsie wat sedert die begin van die jaar daaraan begin deelneem het. Die kinders ry, afhangend van hul ouderdomme, rondtes van 4 km tot 6 km op uiters uitdagende, en by tye baie tegniese, bane in XCO-formaat.

Van die 10 Triegies wat podiumplekke verower het, was Kombo Bere (junior seuns) en Richardt Lambert (youth seuns) wat albei eersteplekke verower in hul ouderdomsgroepe. Charné Labuschagne het die meisies se naam hoog gehou en derde in die junior meisiesafdeling geëindig.

Die ander Triegie-fietsryers wat spog met top 10-plekke was Turner de Swardt (vierde youthseuns), Marno van Zyl (vyfde junior seuns), Joleen de Swardt (vyfde youth meisies), Gerhardt Meyer (sewende junior seuns), Marli Muller (sewende junior meisies), James Raper (agtste youth seuns), Tanika Wiggill (agtste junior meisies), Heine de Jager (negendeyouth seuns), Carlien Jordaan (negende youth meisies) en Chris Knoesen (tiende junior mans).

Nog 'n plaaslike fietsryer, Douglas Archer, het vierde geëindig in die junior seunsafdeling. Douglas ry vir die Ridgeway College-span.

Wat die laerskole betref, het Laerskool Louis Trichardt se fietsryers hulself ook goed laat geld. In die nippers-kategorie (O/10) het Coenraad Burger 11de en Herman Scheepers 14de geëindig. In die sprogs-kategorie (O/12) het Heinrich Volschenk 12de, Justin Breytenbach 28ste en Phillip du Preez 32ste geëindig.

Die groot uitblinker was egter Anthony Archer, wat vierde geëindig het in die sub-junior-kategorie.

Die laaste rondte van die liga, die Tour de Lip, vind oor twee weke, op 19 September, hier in Louis Trichardt se Hanglip-bosbouplantasie plaas, met Hoërskool Louis Trichardt as gasheer. Die skool het die publiek en alle liefhebbers van die sport uitgenooi om dié dag die skool se fietsryers te kom ondersteun.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines