

ADVERTISEMENT:

Diana van Niekerk (links) en Pieter Uys (regs). Foto verskaf.
Sport Date: 11 September 2015
Laerskool Messina is baie trots op Diana van Niekerk en Pieter Uys. Hierdie twee slimkoppe is deel van die span van 30 toppresteerders in die streek (Gauteng, Limpopo en Mpumalanga) wat pas deurgedring na die landwye Wiskunde-Pretdag.
Die Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking met die SAOU, bied jaarliks ‘n Olimpiade aan, genaamd Wiskunde-in-Aksie. Landwyd neem enige Graad 6- of 7-leerder daaraan deel. Die streekwenners kom dan op 12 September in Pretoria byeen vir ‘n dag van praktiese toepassings van wiskunde.
Op dié dag bied die organiseerders ‘n kort lesing aan, waarna die leerders ‘n persoonlike ervaring van die toepassings van wiskunde sal ervaar en dan ‘n eie elektronikaprojek sal aanpak. Me. Maret van Niekerk is die twee se wiskunde-onderwyser vir die afgelope jaar-en-‘n-half en ma van Diana.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
