

ADVERTISEMENT:

Generic image
Sport Date: 18 September 2015
Die Louis Trichardt Nelbalklub het op 12 September ‘n baie suksesvolle netbal pretdag aangebied, met spanne van regoor die streek wat deelgeneem het.
Die dag is aangebied om geld in te samel vir die klub. Een van die projekte is om ligte op te sit by een van die bane, sodat daar reg deur die jaar geoefen kan word. Tans oefen die klub elke Dinsdag en Donderdag en hulle wil volgende inskakel by die dorpsliga saam met spanne van die munisipaliteit en LMB Makhado.
Die wenspan tydens hul pretdag was die span van die Makhado Munisipaliteit. Louis Trichardt se eerste netbalspan was tweede, met die dorp se tweedespan en die span van LMB Makhado gesamentlik in die derdeplek. Crossfit se twee spanne was vierde en die SACM-span vyfde. Die doelskiet-kompetisie is gewen deur Rhulani, met die Crossfit-span wat aangewys is as die span met die meeste gees.
Die klub het na afloop van die dag hul borge en ondersteuners bedank wat die dag moontlik gemaak het. Dit het ingesluit tannie Moekie (vir al die geduld met afrigting en sleutelhouers), Laerskool Louis Trichardt (vir gebruik van hul bane), die OOV (vir die snoepie), Autozone (borg van klere), Surat (wisseltrofee), Super Signs & Electronics (20 medaljes en mikrofoon), Jetstitch (sportsakke en waterbottels), Spec Savers (sportsakke en venster sonbeskermers), Premjee (lekkergoed), Roman’s Pizza (geskenkbewys), Corner Grill (geskenkbewys), Limpopo Melkery (sap), Coca-Cola Fortune (Powerade en waterbottels), Elsabé (lekkergoed), Madi Gra (water), oom JJ (trofee vir beste spangees), die Zoutpansberger (advertensie), All Power and Lawn Equipment (sertifikate) en Fanie Bothma en Stefaans Schoeman vir die klanksisteem.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
