ADVERTISEMENT:

 

Top spelers by Hanglip 54

 

Sport  Date: 15 July 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Vol veld van 128 gholfspelers, waaronder twee professionele spelers wat afslaan vanaf ‘n +3 (drie onder baansyfer) voorgee, sal vanjaar deelneem aan die Soutpansberg Gholfklub se uiters gewilde Hanglip 54-toernooi.

Die toernooi, wat oor drie dae strek, het Donderdag (14de) begin met die eerste groep spelers wat om 07:00 afgeslaan het. Elke dag se spel word in die formaat van ‘n beterbal Stableford beslis, met twee eerste-plek wenners daagliks. Die top trofee vir algehele wenner van die Hanglip 54-toernooi sal na afloop van al drie dae se spel op Saterdag (16de) bepaal word volgens elke speler se individuele Stableford-telling.

Na wat verneem word sal plaaslike gholftalent en verlede jaar se wenner van die Hanglip 54-toernooi, Kobus Barkhuizen (jr.), weer daar wees om sy titel te verdedig. Kobus het reeds drie keer die Hanglip 54-trofee oor sy kop gelig as algehele wenner. Kompetisie beloof egter om vanjaar straf te wees met die vol veld spelers wat spog met ‘n gemiddelde voorgee van 12. Die toernooi word derhalwe beskou as die taaiste nog.

Die Hanglip 54-toernooi lok jaarliks spelers van regoor die hele land en self buurstate. Vanjaar is geen uitsondering nie, met bykans die helfte van die veld wat uit besoekers bestaan. Groot moeite word gedoen met die organisasie van die toernooi wat vanjaar weer moontlik is danksy die hoofborge. Die eerste dag se spel word vanjaar weer geborg deur die Makhado Munisipaliteit. Louis Trichardt Abattoir Madikor 16 is hoofborg van die tweede dag se spel, terwyl Werda Motors die laaste dag sal borg. Elke dag sal afgesluit word met ‘n prysuitdelingsfunksie en aandete.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines