

ADVERTISEMENT:

Die Louis Trichardt Gimnastiekklub se top presteerders vir 2015 is voor, van links na regs, Handri Spies, Douwe Steyn en Francois Nel. In die eerste ry is Clarissa du Preez, Dimpo Matswiki, Jessica van der Merwe, Johancke Venter, Isabella Baker en Eckhard Dreyer. In die tweede ry staan Reinhardt Smit, Jannes van der Goot, Yani Steyn, Elneriek Nel, Cara van der Goot en Fourie Steyn. Agter is Isabella Marais, Iné du Plessis, Renier Scheepers, Robyn Whitcomb en Johestie Muller.
Sport Date: 30 October 2015
Die Louis Trichardt Gimnastiekklub het verlede week hul klubkampioenskappe en prysuitdeling sommer saam aangebied.
Hierdie jaar is Renier Scheepers en Robyn Whitcomb onderskeidelik aangewys as die klub se top seuns- en meisiesgimnas. Hulle kleiner eweknieë was Clarissa du Preez en Francois Nel wat onderskeidelik die bekers ontvang het vir Beste Voorskoolse Meisiesgimnas en Beste Voorskoolse Seunsgimnas.
In die junior kategorie is die bekers vir die beste vordering oorhandig aan Isabella Baker en Eckhard Dreyer. Die senior gimnaste wat hierdie bekers ontvang het was Handri Spies en Douwe Steyn. In die laerskool-afdeling was die beste meisies- en seunsgimnas onderskeidelik, Johestie Muller en Douwe Steyn. By die hoërskoolgimnaste was dit Iné du Plessis en Renier Scheepers wat dié bekers ontvang het.
Iné en Douwe is ook aangewys as die Gimnas van die Dag na afloop van die klub se kampioenskappe.
Die bekers vir beste bywoning is ontvang deur Francois Nel en Elneriek Nel, terwyl Jannes van der Goot, Isabella Maria en Cara van der Goot al drie aangewys is as die Mees Entoesiastiese Gimnas.
Die klub se beste beginners was Johancke Venter en Reinhardt Smit.
In vlakverband was daar ook trofeë gewees vir die beste meisies- en seunsgimnas. Hulle was Jessica van der Merwe en Eckhard Dreyer (vlak 1), Dimpo Matswiki en Jannes van der Goot (vlak 2), Isabella Baker en Fourie Steyn (vlak 3), Johestie Muller en Wessel Veldsman (vlak 4), Iné du Plessis en Douwe Steyn (vlak 5) en Yani Steyn en Renier Scheepers (vlak 6).
Die bestuur het elke ouer en gimnas vir hulle volgehoue harde werk en ondersteuning bedank en die hoop uitgespreek dat hulle die vakansie sal geniet en almal veilig sal terugkom volgende jaar.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
