ADVERTISEMENT:

 

Al die silinders vuur teen Polisie

 

Sport  Date: 22 July 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die dorp se rugbyspanne is weer op volle sterkte en was die afgelope naweek onstuitbaar teen Pietersburg Polisie.

“Dit was aangenaam om weer ‘n volsterkte span in die veld te stoot na verlede naweek se nederlaag van 39-15 teen Pietersburg Dorp, toe talle van die eerstespanspelers nie kon speel nie,” sê afrigter Phillip Potgieter.

Louis Trichardt se eerstes skok Pietersburg Polisie met ‘n droomvertoning en stuur Polisie met ‘n 43-0 nederlaag huistoe. Na ‘n stadige begin en ‘n begeesterde Polisiespan wat alles in die stryd gewerp het, was die halftyd telling 12-0 in die dorp se guns.

In die tweede helfte het Louis Trichardt weggetrek en skitterrugby gespeel. Die agter driekwart het met hulle spoed baljaar en gate deur en om Pietersburg Polisie genael. Hier het vleuels Ian Roos, Werner Lee en Jean Davies uitgemunt. Theuns Botha het met sy plettervatte ‘n paar manne mank huistoe gestuur. Die voorspelers was aanhoudend en meedoënloos op die aanval en het goeie besit vir die spoedvrate agter gegee.

Die tweedespan behaal ‘n baie opwindende oorwinning van 28-27, nadat hulle halftyd 22-0 agter was. Dit sal moeilik wees om iemand uit te sonder, want almal het hulle harte uitgespeel. Jan van Blerk, wat sy skopskoen aangehad het en geen skop pale toe gemis het nie, het ‘n groot rol gespeel in hierdie pragoorwinning.

Die derdespan het met ‘n oorwinning van 31-14 voortgebou met hulle dominansie in die liga en lê nog steeds heel bo aan hul ligapunteleer. Terman Jongbloed en Jan Hendrik Bodenskans het uitgeblink in hierdie oorwinning.

Louis Trichardt speel Vrydagaand, 22 Julie, teen Levubu se eerstes op Louis Trichardt se tuisveld. Die wedstryd sal om 19:00 afskop. Almal word uitgenooi om goeie hardlooprugby te kom geniet.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines