

ADVERTISEMENT:

Dié drie bergfietsryers van Hoërskool Louis Trichardt het hul skool se naam hooggehou tydens die afgelope naweek se Mooketsi Bergfiets Uitdaging buite Tzaneen. Almal van hulle slaag daarin om top podium plekke in te palm. Van links na regs staan Kombo Bere (eerste 70 km), Marno van Zyl (eerste 35 km) en Gerhardt Meyer (tweede 35 km). Dié foto van die trio is geneem deur Linda du Plessis tydens die nasionale Spur Skole Bergfiets-finaal vroeër in Oktober.
Sport Date: 06 November 2015
Drie van Hoërskool Louis Trichardt se jong fietsryers, Kombo Bere, Marno van Zyl en Gerhardt Meyer, het die afgelope naweek besluit om bietjie die eksamenboeke opsy te skuif en te gaan deelneem aan die vyfde jaarlikse Mooketsi Bergfiets Uitdaging buite Tzaneen.
Die drie het reeds ‘n bedrywige jaar van fietsry agter die rug. As deel van Hoërskool Louis Trichardt se fietsryspan het hulle op 19 September deelgeneem aan die vierde en finale rondte van die Limpopo DebtSafe Skoleliga. Op grond van hulle en hul spanmaats se prestasies in dié reeks was hul deel van Hoërskool Louis Trichardt se skole fietsryspan wat gekies is om op 3 en 4 Oktober te gaan deelneem aan die nasionale 2015 Spur Skole Bergfiets-finale by Hoërskool Bekker in Magaliesburg. Kombo was ook deel was van die provinsiale span wat Limpopo op die tweede dag van die finaal verteenwoordig het.
Tydens Saterdag se Mooketsi Bergfiets Uitdaging, wat as kwalifiserende rondte dien vir Limpopo kleure, het Bere, Van Zyl en Meyer skitterend gery en spog hulle almal met top podium posisies. Bere wen die uitmergelende 70 km wedren in ‘n tyd van 02:46:08. Sy naaste kompetisie, Dick Rood, eindig bykans drie minute later in die tweede plek met ‘n tyd van 02:48:56, terwyl Bill Noel derde was in ‘n tyd van 02:54:41. Altesaam 30 fietsryers het aan die 70 km deelgeneem.
Die 35 km wedren het ‘n vol veld van digby 140 deelnemers gelok, met Van Zyl en Meyer wat onderskeidelik eerste en tweede in die wedren oor die eindstreep jaag. Dit was ‘n sprint finish vir die twee, met Van Zyl wat Meyer naelskraaps klop met ‘n sekonde. Van Zyl se wentyd was 01:31:33 met Meyer in die tweede plek in ‘n tyd van 01:31:34. Ricardo Gutierrez eindig sowat 14 sekondes later in ‘n tyd van 01:31:48.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
