

ADVERTISEMENT:

Die span het bestaan uit Johan Leonard, Kallie van Aswegen, Koos Engelbrecht, Gerrit van der Westhuizen en Dawid van Graan. Afgeneem tydens die prysuitdeling is, van links na regs, Dawid (borg), Gerrit, Carel Volschenk (oorhandig wentrofee as klubpresident), Kallie en Koos. Johan was afwesig tydens die neem van die foto. Die klub het elke borg en deelnemer bedank vir hul ondersteuning van die liga. “As gevolg van die sukses van die aandreeks het ons besluit dat die klubfasiliteite voortaan elke Vrydagaand oop sal wees. Almal is welkom om meer te kom leer van die spel, wat deur oud en jonk gespeel en geniet kan word. Daar sal altyd klublede wees om voornemende spelers raad te gee en selfs saam met hulle te speel. Rolballe om te leen is ook beskikbaar. Ons dank ook aan die klublede wat gehelp het met die reëlings en werk agter die skerms,” sê die klubbestuur. Foto verskaf.
Sport Date: 20 November 2015
Die finaal van die Louis Trichardt Rolbalklub se jaarlikse besigheidsaandliga is verlede Vrydag beslis met die Pie City Manspan wat as algehele wenners uit die stryd getree het.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
