

ADVERTISEMENT:

In die vroue-afdeling van die Soutpansberg Muurbalklub se klubkampioenskappe wat op 2 Desember beslis is, was dit Ronel Welman (links) en Louise Lordan (regs) wat sake uitgespook het, met Ronel wat as vrouekampioen uit die stryd tree. Foto verskaf.
Sport Date: 11 December 2015
Die Soutpansberg Muurbalklub in Louis Trichardt het op 2 Desember hul jaarlikse klubkampioenskappe beslis.
Die mansfinaal is beslis tussen pa-en-seun Bertus Guillaume (verdedigende kampioen) en sy jong seun Pieter. Dit was ‘n naelbyt, hoë-gehalte wedstryd, maar dit was Pieter wat die oorhand oor sy pa kry en die mansafdeling wen. Die plaat-finaal het ook in ‘n titaniese stryd geëindig tussen Kevin Gilbert en Nardus Barnard. Hier het Nardus daarin geslaag om die wedstryd te beklink. In die derde mansafdeling het Christian Mocke en Cois du Preez meegeding, met Christian wat as wenner uittree.
Die klub het ook hulle algemene jaarvergadering gehou en ‘n nuwe bestuur is aangewys vir 2016. Die bestuur is Ryno Gerber, Nardus Barnard en Dawie Kruger. Die klub wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om al die spelers, adverteerders en borge van 2015 te bedank. “Sonder die gemeenskap se betrokkenheid kan ‘n klub nie bestaan nie. Ons vertrou dat al die bestaande lede en sommer ‘n groot klomp nuwe lede in 2016 by die klub sal aansluit,” het die klub gesê.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
