

ADVERTISEMENT:

Spanbestuurder Richard Lambert (van links na regs) en junior hengelaars Johan Erasmus, Koos Erasmus en Richard Lambert (jr.), afgeneem tydens hul deelname aan die Suid-Afrikaanse hengelkompetisie by Bloemhofdam in Desember. Limpopo eindig algeheel derde tydens die kompetisie. Foto verskaf.
Sport Date: 08 January 2016
Drie jong plaaslike hengelaars het gedurende die Desembervakansie gehelp dat Limpopo ‘n algehele derde plek kon inpalm tydens die junior Suid-Afrikaanse varswaterhengelkampioenskappe by Bloemhofdam.
Die drie junior seuns, Richard Lambert (jr.), Johan Erasmus en Koos Erasmus, almal lede van die Flurian Hengelklub op LMB Makhado, het as deel van 12-man span die provinsie verteenwoordig in die President-afdeling van die kompetisie vanaf 15 tot 19 Desember. Die ander spanne wat deelgeneem het, was Sentraal-Gauteng, Noord-Kaap, die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengelvereniging (SAVOV) se ontwikkelingspan en Westelike Provinsie.
Die eerste 24 hengelaars in elke afdeling word na afloop van die kampioenskappe genooi om drie dae later deel te neem aan die nasionale proewe waar die junior Protea-, SAVOV A- en SAVOV B-spanne gekies word. Alhoewel Johan (15de algeheel), Richard (19de algeheel) en Koos (23ste algeheel eindig) deurdring na die nasionale proewe, kon nie een van hulle daaraan deelneem nie vanweë ander verpligtinge.
Die spanbestuurder van die Limpopo-span was Richard Lambert (snr.) met Craig Niel as spankaptein.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
