

ADVERTISEMENT:

AC Geldenhuys (in die voorste ry, derde van regs) afgeneem saam met die Eagles 7’s rugbyspan tydens hul deelname aan die Emirates Airline Dubai Sewesrugbytoernooi verlede jaar. Sy span wen drie van die ses wedstryde wat hulle in die toernooi gespeel het. Foto verskaf.
Sport Date: 14 January 2016
Amerika wink vir ‘n jong rugbyspeler van Louis Trichardt. AC Geldenhuys het kort voor Kersfees gehoor hy sal deel vorm van die Eagles 7’s rugbyspan wanneer hulle later vanjaar aan ‘n internasionale toernooi in Dallas, Texas, in Amerika gaan deelneem.
Dié eer het hom te beurt geval ná sy skittervertoning tydens die Eagles se deelname aan die Emirates Airline Dubai Sewes-rugbytoernooi vanaf 3 tot 5 Desember. Vir die duur van die toernooi het AC die kapteinstrui gedra. Hy het ook verlede jaar uitgedraf vir Hoërskool Louis Trichardt se eerste rugbyspan en sy stempel in die span afgedruk as vleuel.
Veral AC se vlugtige voetwerk het hom ‘n gunsteling gemaak by die spanwerwers. “Dit is inderdaad ‘n groot eer om geïdentifiseer te word en hierdie span te verteenwoordig,” het Eagles afrigter mnr. Ludwich van Deventer gesê. “Die toernooi in Amerika gaan verseker ‘n nuwe era in die Eagles se sewes akademie teweegbring,” het hy bygevoeg.
Ná afloop van AC en die res van die span se deelname in Dubai is hulle uitgenooi na die toernooi in Texas, wat vanaf 3 tot 10 Julie beslis sal word. Die span sal saam met die Springbokke se O/17-span toer om deel te neem teen lande soos Amerika, Australië, Mexiko, Uruguay, Nieu-Seeland, Georgia en nog spanne uit Suid-Amerika en Europa.
AC vertel dat hy met groot opgewondenheid uitsien na die toernooi. Hy het verlede jaar matriek klaargemaak by die Hoërskool Louis Trichardt en gaan hierdie jaar ‘n rusjaar vat om te kan gaan deelneem aan die toernooi. Sy plan is om volgende jaar sy studies te hervat.
Dit is nou as AC nie deur ‘n Amerikaanse universiteit opgeraap gaan word nie. Volgens Van Deventer gaan daar Julie verteenwoordigers by die Dallas toernooi wees van 23 Amerikaanse universiteite om spelers te identifiseer vir hul sewes-rugbyprogramme.
Ongelukkig moet elke speler sy eie koste betaal, wat beraam word op R27 500 per speler. As daar inwoners of instansies is wat AC wil help met sy reiskostes, kan hulle met sy ma skakel by tel. 083 937 4150 of met Van Deventer by tel. 074 588 0155.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
