

ADVERTISEMENT:

Johan Lordan (13) het rede om breed te glimlag. Hy het in November 2015 amper al die trofeë tydens 'n BJV-kompetisie opgeraap. Hy is aangewys as die Junior Binnelandse Kampioen, Junior Groot Kampioen en ontvang ook 'n spesiale prys vir sy gemsboktrofee (39.38 duim) wat die naaste aan die wêreldrekord gekom het in die junior-afdeling.
Sport Date: 29 January 2016
Die Soutpansberg-tak van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) se skuts het behoorlik die trofeë ingeryg.
Plaaslike skuts het tydens die vereniging se jaarlikse kompetisie in Polokwane (in November) vir trofeewild wat gedurende die 2015 jagseisoen geskiet is, oorheers.
Die 13-jarige Johan Lordan was die groot uitblinker van die prysuitdeling. Hy behaal ‘n eerste plek met sy gemsbokhorings van 39.38 duim, asook ‘n tweede plek vir sy koedoe met horings van 51 duim. Verder het die jong skut ook ‘n trofee ontvang vir die junior skut wat die naaste aan ‘n wêreldrekord gekom het met sy gemsbokhorings. Johan is ook aangewys as die junior binnelandse kampioen, die junior groot kampioen en ontvang die Junior Antilope-trofee.
Nog ‘n jong skut van die plaaslike BJV-tak wat uitgeblink het, was Gezelle Koen. Sy was eerste met ‘n rooibokram (24.50 duim horings) wat sy self geskiet het.
Ander lede van die tak wat ‘n plek verower het, was D. Prinsloo (1ste rooibokram, 3de vlakvark), Louis Holtzhauzen (1ste klipspringer, 2de steenbok), GP van der Walt (1ste rietbok, 2de springbok), Theo Lordan (2de blesbok), J. Greyling (1ste Eland) en WJ Jordaan (3de Eland).
Die juniors wat pryse ontvang het vir hul trofeewild was Bianca Smit (2de rooibok), Ruan Ackerman (1ste koedoe), Ethel du Preez (2de vlakvark) en Junior Smit (1ste bosbok).
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
