ADVERTISEMENT:

 

Hoërskool Louis Trichardt se O/15A-rugbyspan wat as naaswenners uit die Beeldtrofee se kompetisie vir kleiner skole getree het. By die span verskyn hul afrigters, mnre. Johann Calitz (links) en Louis Gossmann (regs).

Triegies struikel in eindstryd

 

Sport  Date: 26 August 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Hoërskool Louis Trichardt se O/15A-rugbyspan het op 20 Augustus in die finaal vir die Beeldtrofee vir kleiner skole die onderspit gedelf teen Schweizer Reneke.

Die wedstryd op Parys was ‘n tipiese eindstryd en die spanne het goed teen mekaar opgeweeg. Louis Trichardt se loskopstut moes egter vroeg in die wedstryd die veld verlaat as gevolg van ‘n gekraakte rib. Die skrums en lynstane het hierna gesukkel. Schweizer Reneke het ‘n drie gedruk en met ’n strafdoel geslaag, waarna Louis Trichardt geantwoord het met ‘n strafdoel deur die binnesenter, Ludwig Gossmann.

Die telling was vir die grootste gedeelte van die wedstryd 8-3 in Schweizer Reneke se guns. Louis Trichardt het ‘n paar gulde geleenthede om onder die pale te gaan druk deur hulle vingers laat glip. Die eindtelling was 15-3 in Schweizer-Reneke se guns.

“Louis Trichardt het egter waardevolle ondervinding opgedoen en sal graag volgende seisoen die bordjies wil verhang,” sê afrigter, mnr. Johann Calitz.

Die span en afrigters bedank alle borge en ondersteuners. Hulle sê dat die ondersteuners en borge se bydrae deur die lang seisoen ‘n sprekende voorbeeld is van die positiewe gesindheid van die gemeenskap teenoor die skool en sy aktiwiteite.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines