ADVERTISEMENT:

 

Lede van die Louis Trichardt Rotariërs, afgeneem saam met die wenners van hul visvangkompetisie die afgelope naweek. Voor, van links na regs, is André Prinsloo (Rotariërs), Simon Miller (inlas), Norman Rashua, Jensen Tshuma, Franswa Coetzer en Marno van Zyl. Agter is Rotariërs Carl Henning, Ian Bannatyne, Frank Terink, Leon Barnard, John Le Cornu en André Müller. 

Vissies sukkel om te byt

 

Sport  Date: 12 February 2016

 

Alhoewel die vissies maar gesukkel het om te byt, is daar Saterdag, 6 Februarie, lekker saamgekuier tydens die Louis Trichardt Rotariërs se drie-spesie hengelkompetisie op die plaas Sweetwater (Mununzwu Estate) van die Henning-familie.

Talle van die streek se gesoute hengelaars het die aanvanklike nat weer trotseer in die hoop om ‘n wenvis te land. Die spesies wat gehengel is, was kurper, swartbaars en ‘n oop kategorie (enige ander spesie).

Reeds van vroeg af was dit duidelik dat die vissies nie lekker wou saamspeel nie, met hoofsaaklik kleinerige kurpers wat uitgekom het. Die swartbaars wou natuurlike glad nie byt nie, maak nie saak hoe hard hengelaars probeer het nie.

Die tendens van klein kurpers en geen swartbaars het die hele dag voortgeduur, tot en met inweeg. Die inweeg was dan ook ‘n refleksie van die dag se moeilike hengel, met die grootste kurper wat die skaal maar net tot op 250g kon trek. Hierdie vis was egter groot genoeg om aan hengelaar Franswa Coetzer die eerste prys van R1 000 te besorg in die kurperafdeling. Tweede in dié afdeling was Marno van Zyl (R500) met ‘n kurper van 205g en derde Jensen Tshuma (R200), ook met ‘n kurper van bykans 205g.

Geen vis is geweeg in die swartbaars-afdeling nie en baie van die hengelaars het kreatief begin dink wat betref die ope-afdeling. Babers het ook nie die dag hoek gevat nie, maar wat wel nou en dan gebyt het was ghieliemientjies. Wie sou kon dink dat ‘n 15g ghieliemientjie aan Jensen ook ‘n R1 000 eerste prys sou besorg. Norman Rashua en Simon Miller was eweneens gelukkig en palm onderskeidelik die tweede (R500) en derde plekke (R200) in met hul vangs van ‘n 1g ghieliemientjie.

Vir diegene wat nie so gelukkig was om ‘n prys te wen nie, was daar ook heelwat trekpryse gewees, danksy talle borgskappe. In dié verband het die Rotariërs hul dank uitgespreek teenoor al die borge, insluitend Cycle Centre (pryse), Kremetart Karp (pryse), Tallisman (pryse en toilette), BB Mount Fuji (pryse), Zoutpansberg Privaathospitaal (borg), Carl Henning (beskikbaarstel van die dam), Louis Trichardt Hengelklub (inweegtoerusting) en die Zoutpansberger (advertensies).

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines