ADVERTISEMENT:

 

Tienie Viljoen met die allemintige 18,5kg karp wat hy die afgelope naweek by die Tzaneendam uit die water getrek het. Dit is ‘n nuwe persoonlike beste vir hom.

Die "grote" wat nie weggekom het nie

 

Sport  Date: 02 September 2005

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Plaaslike hengelaar Tienie Viljoen het die afgelope naweek ‘n trappie nader gekom om sy droom te verwesenlik om ‘n 20kg karp uit die water te sleep.

Tienie het die afgelope naweek by die Tzaneendam ‘n bietjie gaan lyn natmaak en ‘n astronomiese 18,5kg karp uit die water gesleep. Dié karp is ‘n persoonlike beste vir Tienie wat al etlike dekades lank na die “grotes” soek. Die karp was een van twee wat hy die naweek gevang het.

Tienie vertel dat hy van ‘n nuwe hengelmetode gebruik maak geskoei op die Europese styl. Vir aas gebruik hy ‘n “Tiger Nut” op ‘n haarstrop met ‘n kaal hoek wat ‘n paar sentimeter onderkant die “Tiger Nut” lê.

“Dit is ‘n hele nuwe konsep van hengel wat wegbeweeg van die ou ‘boeremanier’ van karp hengel. Dit word gedoen met groot sukses,” vertel Tienie. Hy sê hy wil binnekort ‘n draai gaan maak by die Albasinidam om te kyk hoe die karp daar reageer op dié nuwe hengelmetode.

Tienie is ‘n geregistreerde spesiehengelaar (karp). Uit 400 soortgelyke hengelaars beklee hy tans ‘n twaalfde plek met sy mees onlangse vangs. Hy sê hy stel nie belang om aan ‘n klub te behoort nie, want hy wil nie beperk word ten opsigte van die tipe “gereedskap” of breekkrag lyn wat hy gebruik nie.

“Ek wil groot visse vang en as ek na ‘n dam toe gaan beplan ek daarvoor. Daar is niks erger as om ‘n groot vis te verloor omdat jou lyn nie sterk genoeg was nie,” sê Tienie.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines