

ADVERTISEMENT:

CP (voor) is eweneens gemaklik in die saal van ‘n bergfiets, maar omdat die pad- en bergfietsitems oorvleuel tydens die Wêreldkampioenskappe in die Filippyne, sal CP hom net toespits op die padfietsitems. Foto verskaf.
Sport Date: 04 March 2016
'n Oud-leerling van Hoërskool Louis Trichardt en tans student aan die Universiteit van Stellenbosch, CP van Wyk, maak steeds opslae in die fietsrywêreld.
Op die plaaslike front word CP gereken as een van die suksesvolste fietsryers (in beide pad- en bergfietsrenne) wat die streek die afgelope paar jaar opgelewer het. Hy spog met talle titels agter sy naam in van die moeilikste fietswedrenne op die sportkalender.
Ná skool bou hy steeds voort op sy reputasie as formidabele fietsryer. Hy is onlangs gekies om deel te wees van die Universiteit Sport Suid-Afrika (USSA) se padfietsspan wat vanaf 16 tot 20 Maart gaan deelneem aan die sewende Wêreld Universiteite Fietsrykampioenskappe in die Filippyne. Die span bestaan uit drie mans en twee vroue.
CP is een van drie Maties wat die totale mansspan uitmaak. Sy mede Maties-spanmaats is Hans-Werner Heuer en Max Sullivan.
Tydens die wêreldkampioenskap sal CP en sy spanmaats te staan kom teen studente van ten minste 17 ander lande, met top name uit onder meer Europa en Amerika. Buiten dat CP gekies is as spanlid is sy pa, André van Wyk, saam met Errard Sullivan gekies as spanbestuurder. Die span sal reeds op 11 Maart na die Fillippyne vetrek en beplan om teen 23 Maart terug te keer.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
