

ADVERTISEMENT:

Louis Trichardt se eerste en derde rugbyspanne het Dinsdag hul finale afronding gedoen vir Saterdag se spel teen Pietersburg Dorp se spanne as deel van die klub se jaarlikse Conway Dag. Die manne is vol vertroue dat hulle die veld sal skoonvee met die Pietersburgspanne.
Sport Date: 10 March 2016
Eerskomende Saterdag, 12 Maart, sal die nuwe breier van die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste kans wees om sy stempel af te druk.
Danie Pieta rig hierdie jaar Louis Trichardt se eerste en tweede rugbyspanne af, en sal Saterdag kan sien waarvan die manne gemaak is. Die manne het die week vir oulaas geskaaf aan hulle spel vir die gewilde Conway Rugbydag, wat weereens hier op die tuisveld beslis sal word. Hulle sal te staan kom teen die eerste-, tweede- en derdespanne van Pietersburg Dorp.
Die rugbyspan van Dendron sal Saterdag speel vir Louis Trichardt se tweedespan.
“Ons kanse vir ‘n wen lyk goed vir Saterdag,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert Dinsdag gesê. Hy was meer as tevrede met die spelers se vermoëns.
“Saterdag sal ons kans gee om op te warm vir die komende Boet Fick-liga, wanneer ons te staan sal kom teen Pietersburg se Noordelikes-span. Hulle is gedugte teenstanders en nog altyd groot kompetisie vir ons gewees,” het Kevin bygevoeg. Hy het sy dank uitgespreek teenoor die klub se hoofborge van hul rugbyklere en toerusting, naamlik Soutpansberg Paneelkloppers, Premjee & Son, Soutpansberg Spar en Vhavenda Bricks
Kevin het plaaslike rugby-ondersteuners uitgenooi om Saterdag Louis Trichardt se spanne te kom ondersteun. Die eerste wedstryd sal om 16:00 afskop, wanneer Louis Trichardt se derdes die dag se spel sal open. Daarna sal dit die tweedespan (Dendron) wees om 17:15. Die hoofwedstryd van die dag sal om 19:00 beslis word tussen Louis Trichardt se eerstes en Pietersburg Dorp 1.
Toegang beloop R20 per voertuig en daar sal eet- en drinkgoed te koop wees.
“Kom en ondersteun en geniet die dag saam met ons,” was die manne van die klub se uitnodiging.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
