

ADVERTISEMENT:

Generic image
Sport Date: 17 March 2016
Die plaaslike rugbyseisoen is weer in volle swang, en dit is tyd om die braaiers en koelbokse nader te trek vir die jaarlikse Boet Fick-liga.
Hierdie komende naweek sal die spelers van die Louis Trichardt Rugbyklub dit op hul tuisveld uitspook teen Musina en die Universiteit van Venda (Univen) se rugbyspanne om punte bymekaar te maak vir die wentitel in dié gesogte liga.
Die klub se bestuur het inwoners uitgenooi om weereens die spanne te kom ondersteun.
Op Saterdag, 19 Maart, sal Louis Trichardt se tweedes te staan kom teen die tweedespan van Univen. Hierdie wedstryd sal om 15:00 afskop. Daarna sal die Dendron-span (wat vir Louis Trichardt speel) om 16:15 teen die Messina Rugbyklub se span te staan kom. Die hoofwedstryd van die dag, tussen Louis Trichardt en Univen se eerstespanne, sal om 18:45 begin.
Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig, en oud en jonk is welkom.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
