

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 23 September 2005
MAKHADO - Vir ‘n geruime tyd word daar al gepoog om ‘n volwaardige krieketveld by Kennington Place Lodge aan te bring, maar weens die knellende droogte kon dit nog nie gebeur nie.
Die Lugvleuel van LMB Makhado het egter besluit om die beste te maak van dit wat beskikbaar is en hul maandelikse “Wing Ding” geleentheid daar te hou.
Vooraf is daar met ‘n driehoekyster agter ‘n voertuig ‘n krieketblad voorberei om sodoende die kolwers en boulers se enkels darem te beskerm. Die buiteveld is net so gelaat, kompleet met miergate, skaapduwweltjies ensovoorts. Die blad se oppervlakte het bestaan uit ongeveer 75mm dik stof en daar moes noodgedwonge van ‘n tennisbal gebruik gemaak word, ander sou daar geen wip in die bal gewees het nie.
Op 31 Augustus het die groot dag aangebreek. Elke speler het vyf boulbeurte ontvang en moes vir homself kolf, terwyl die res veldwerk doen. Die kolwer met die meeste lopies op die einde het met die prys weggestap. Vandaar die naam “Boskrieket”.
Met die eerste bal is die eerste paaltjie plat. Verder het die spel sonder enige voorvalle of “beserings en geweld” voortgegaan. Die dag se spel is afgesluit met ‘n ete by die Elephant & Castle Restaurant. Die doel hiervan was om mekaar op ‘n sosiale vlak beter te leer ken en dus het van kolonel tot lugman alles saam geniet. Die geleentheid is dan ook aangeteken as die eerste krieketwedstryd wat by Kennington Lodge gespeel is, met dank aan mnr. Peter Ferreira.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
