

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 30 September 2005
MAKHADO - Die Soutpansberg Akkedis Mountain Bike Challenge op Saterdag, 8 Oktober, vergelyk met die beste bergfietswedrenne in die land.
Afgesien daarvan dat hierdie wedren fietsryers deur ‘n ongelooflike diverse omgewing neem, is dit ook een van die wedrenne met van die beste prysgeld ook. Meer as R20 000 se pryse is op die spel.
Die prysgeld onderskei ook nie tussen mans en dames nie. Vir die eerste man en dame oor die 70km wenstreep is daar elkeen R2500 om in die sak te steek. Tweede oor die wenstreep kry R1 200 en vir die derde plek is die prysgeld R600. Daar is ook nog kontant pryse vir die vierde en vyfde plekke.
Die prysgeld vir die 35km wedren is R1 200 vir ‘n wen, R600 vir die tweede plek en nog kontantpryse vir derde, vierde en vyfde plek.
Met die beplanning van die wedren het die gemeenskap dadelik begin belangstel en betrokke geraak. Die grondeienaars waardeur die wedren beweeg, die P&L Fietsryklub, P&L Hardeware, Cycle Centre en Coca-Cola Fortune Makhado het dadelik hulleself verbind tot die Soutpansberg Akkedis Mountain Bike Challenge .
Die organiseerders, Schoemansdal OOS en P&L Hardeware Fietsryklub, het hul dank uitspreek teenoor die gemeenskap vir al die motivering en ondersteuning.
Vir meer inligting, besoek gerus die webwerf www.soutpansberg-mountainbike.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected]. Vir meer inligting, skakel Johan of David by tel (015) 516 4881 of 082 740 8740.

ADVERTISEMENT:
