

ADVERTISEMENT:

Erwee Robbertse (SO/15) het uitgeblink tydens die nasionale BCVO Atletiekbyeenkoms op Sasolburg.
Sport Date: 08 April 2016
Atlete van die CVO Skool Zoutpansberg buite Louis Trichardt het nie te veel kans gehad om leeg te lê die vakansie nie. Inteendeel, hulle het die skool se naam hoog gehou tydens die landswye BCVO-atletiekbyeenkoms.
Dié jaarlikse byeenkoms is vanaf 18 tot 19 Maart aangebied op die DP de Villiers Stadion in Sasolburg.
Jani Badenhorst (O/15) het veral uitgeblink. Sy het vier goue medaljes huis toe gebring. Sy het eerste plekke in die 100 m, 200 m, 400 m en 800 m behaal. Sy het ook deelgeneem aan die dogters O/14-aflos, wat ‘n eerste plek losgehardloop het.
Douwe Steyn (O/12) was kort op haar hakke met drie goue medaljes. Hy het goud teruggebring in verspring, spiesgooi en 75 m Hekkies en ‘n tweede plek behaal in die 100 m.
Kosie Erasmus (O/17) het ‘n eerste plek behaal in die 3 000 m en tweede plekke in die 1 500 m en 800 m. Sy skoolmaat, Hendrik Badenhorst (O/17), het goud in die 800 m en silwer in die 3 000 m gewen.
Luné Robbertze (O/13) het ‘n eerste plek losgehardloop in die 800 m, en tweede plekke in die 200 m, 100 m en verspring behaal. Haar aflosspan het ook ‘n algehele eerste plek behaal.
Heinrich Volschenk (SO/12) was nog ‘n atleet wat uitgeblink het. Hy het ‘n eerste plek in die 150 m verower, en verder ‘n derde plek in die 100 m behaal.
Erwee Robbertze (SO/15) het net so goed gevaar. Hy het tweede plekke in die 100 m, 200 m, 400 m en 800 m behaal.
Ander atlete wat ook goed gevaar het tydens die byeenkoms was Ruda Schoeman (meisies O/15, tweede in 3 000 m, derde in 1 500 m), Andrea Badenhorst (meisies O/8, tweede turbospies, derde 600 m), Herculine Strydom (meisies O/16, tweede 100 m) en Kailey Botes (meisies O/8, derde 80 m).
Nog atlete wat deelgeneem het, was Bianca Smit, Sualize van der Merwe, Jienie Viviers, Kara Botes, Julius Kemp, Sebastian Jacobs, Wian Jacobs, Junior Smit, Innes Steyn, Lukas van der Merwe en Janus Jacobs.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
