

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 23 April 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die sestienjarige atletiekster, Marli Knoetze, het die afgelope naweek 'n silwer medalje in die diskus tydens die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe in Durban verower.
Haar gooi van 49,95m met die diskus op Saterdag (17de) het vir Marli 'n tweede plek tussen die seniors besorg. Die vorige dag het sy 'n vierde plek behaal in die gewigstoot met 'n afstand van 14,95m.
Twee weke gelede tydens die ASA kampioenskappe in Bloemfontein het Marli die 0/18 SA diskusrekord laat spat met 'n skitterafstand van 51,63m. By die USSASA nasionale skolekampioenskappe op 26 Maart in Germiston het Marli goue medaljes vir beide diskus en gewigstoot huis toe gebring.
Mnr. Robbie Robbertz van Levubu, Marli se afrigter, kan met reg trots wees op sy atlete. Sy seun, Janus Robbertz, het tydens die pasafgelope Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe 'n goue medalje vir gewigstoot verower met 'n afstand van 20,15m.

ADVERTISEMENT:
