

ADVERTISEMENT:

Deelnemers aan vanjaar se Beja Baber Bonanza staan die kans op ‘n spliternuwe Datsun Go ter waarde van R96 000 te wen as hulle die vooraf-gemerkte baber vang. Foto verskaf.
Sport Date: 15 April 2016
Boot- en oewerhengelaars staan nie net die kans om met ‘n stewige som prysgeld weg te stap tydens die NG Kerk Levubu-gemeente se Beja Baber Bonanza nie – daar is ook ‘n splinternuwe Datsun Go op die spel.
Die Datsun Go, ter waarde van R96 000, word gesamentlik geborg deur BB Mount Fuji en ZC Pretorius Makelaars en al wat hengelaars moet doen om die Go te wen, is om die vooraf-gemerkte baber te land. Daarvoor het deelnemers twee dae tyd, met die kompetisie wat strek vanaf 07:00 tot 17:00 op 30 April en 07:00 tot 12:00 op 1 Mei vir boothengelaars. Geen bote sal gedurende die aand op die dam toegelaat word nie. Om die speelveld meer gelyk te maak, sal oewerhengelaars toegelaat word om te deurnag vanaf 07:00 op die 30ste tot 12:00 op die 1ste. Let asseblief daarop dat die Limpopo Hengelvereniging se reëls geld
Buiten vir bogenoemde prys, is daar ook R20 000 as eerste prys op die spel in die senior afdeling (R300 inskrywing per hengelaar) vir die grootste baber wat gevang word. Die tweede prys in hierdie afdeling beloop R6 000 en die derde prys R3 000. Die jongspan het ook nie vergete gebly nie en vir hulle is daar ‘n junior afdeling (R150 per hengelaar 12 jaar en jonger). Hier ontvang die wenner R3 000 as eerste prys, R1 000 as tweede prys en R500 as derde prys.
Die Beja Hengelparadys by die Albasinidam speel gasheer vir die kompetisie. Onbeperkte kampering met geriewe sonder krag (kragopwekkers toegelaat) is beskikbaar. ‘n Staanplek vir die naweek (Vrydagmiddag toto Maandagoggend) is beskikbaar teen R400 vir ses persone. Dag-gelde vir nie-hengelaars beloop R60 per persoon vir die naweek of R30 per dag per persoon.
Kos sal deurlopend verkoop word. Daar sal ook vleispakkies beskikbaar wees en vure sal beskikbaar wees. Daar is ook deurlopend musiek by die swembad.
Vir meer inligting, skakel Mykie Vosloo by tel. 084 483 0341 of stuur ‘n e-pos na [email protected]
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
