

ADVERTISEMENT:

Hoërskool Eric Louw spog met vyf rugbyspelers wat ná afloop van die Grootvlei Rugbyweek in Pretoria gekies is vir die O/19-toerspan na Ierland. Ook die skool se eerstespan afrigter, Sakkie Vermeulen, is gekies as afrigter vir die toerspan. Afgeneem, van links na regs, is Vermeulen en spelers Beeka Kundlande, David Mandiwana, Blessing Phili, Deon Viljoen en skoolhoof Johan Minnie. Chase Trollop was afwesig tydens die neem van die foto. Foto verskaf.
Sport Date: 22 April 2016
Gedurende die Maartvakansie het die Rooikatte van Hoërskool Eric Louw, oftewel die skool se eerste rugbyspan, deelgeneem aan die Grootvlei Rugbytoernooi te Pretoria.
Altesaam 26 spanne het aan die toernooi deelgeneem, met Eric Louw wat die kleinste van die skole was. Al die ander skole het 1 000 en meer leerders gehad. Tog kon die Rooikatte darem daarin slaag om een van hul drie wedstryde te wen.
Aan die einde van die toernooi is daar erkenning gegee aan spelers en aan spanne. Eric Louw is uiters trots op die Rooikatte, aangesien die span aangewys is as die mees gedissiplineerde span van die toernooi.
Gedurende hierdie week het die spelers ook afrigtingsklinieke bygewoon wat aangebied is deur die Blou Bulle se afrigters. Hierdie afrigters het ook twee spanne (0/16 en 0/19), asook vier afrigters, gekies uit al die skole teenwoordig wat na Ierland sal toer gedurende die September skoolvakansie.
Groot was Eric Louw se verbasing toe daar vyf van die Rooikatte aangewys is om saam met die 0/19-span na Ierland te toer. Die vyf spelers is Deon Viljoen, Chase Trollop, David Mandiwana, Blessing Phili en Beeka Kundlane. Sakkie Vermeulen, wat die Rooikatte afrig, is ook aangewys as afrigter van die 0/19-toerspan. Die skool het die spelers en hul afrigter gelukgewens. “Ons is opreg trots op hierdie geweldige prestasie van die spelers en afrigter wat as ambassadeurs vir Hoërskool Eric Louw sal optree gedurende die toer na Ierland,” het die skool gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
