

ADVERTISEMENT:

Eric Louw en Ridgeway College was twee van die skole wat 'n span gestuur het om deel te neem aan 'n plaaslike hokkiekompetisie.
Sport Date: 22 April 2016
Louis Trichardt se plaaslike hokkiespelers het onlangs litte losgemaak tydens ‘n informele kompetisie.
Die spelers het op 9 April ‘n vyf-aan-‘n-kant ligawedstryde gespeel. Spanne wat deelgeneem het van die kompetisie het ingesluit Louis Trichardt se vrouehokkiespan, die span van Ridgeway College en Hoërskool Eric Louw in Musina. Eric Louw het ook ‘n span gestuur vir die mansafdeling.
In die eerste plek was die Mighty Mix-span van Hyundai, wat gewys het dat kennis kom met ervaring. Kort op hulle hakke was die Kohja’s Power Girls in die tweede plek. Die derde plek is gewen deur die Crazy Daisies, met Eric Louw se span wat vierde geëindig het.
In die mansafdeling het Louis Trichardt se hokkiespan gewys dat hulle nog goeie hokkie kan speel, deur hulle wedstryde gemaklik te wen. Dit was dus geen verrassing dat hulle eerste geëindig het nie.
In die tweede en derde plek was onderskeidelik die tweede- en derdespan van Eric Louw.
Ná afloop van die suksesvolle kompetisie het die twee hokkieklubs van Louis Trichardt Hyundai, Jack van Khoja's, The Flower Bunch Kwekery (Levubu) en Louise van Crazy Daisy Kwekery bedank vir hulle groothartige borgskap.
Inwoners wat graag wil inskakel by die twee plaaslike hokkieklubs kan met Melanie Louw (083 651 7601) of Hannelie Bruce (072 740 2334) skakel.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
