ADVERTISEMENT:

 

Richard Lambert, wat glad nie vreemd is vir ‘n plek op die podium nie, was die algehele wenner van die 35 km-wedren. Foto: Facebook. 

Richard spog met ‘n wen

 

Sport  Date: 13 May 2016

 

Louis Trichardt se bergfietsryers het die afgelope naweek die dorp goed verteenwoordig tydens die gewilde Shikwaru Debtsafe Bergfiets-uitdaag buite Mokopane.

“Die wedrenne is baie, baie goed georganiseer en die beeldskone natuur het dit meer as die moeite werd gemaak om deel te neem,” het Mark Archer, wat ook deelgeneem het, na afloop van die wedrenne Saterdag gesê.

In die moordende 75 km wedren het twee van Louis Trichardt se ster fietsryers, Kombo Bere en Douglas Archer, deelgeneem. Kombo het hom goed van sy taak gewkyt en algeheel tweede geëindig in die wedren met ‘n  tyd van 03:06:30. Hy was ook algeheel tweede in die 19 tot 29 jaar kategorie. Douglas het algeheel negende klaargemaak in ‘n tyd van 03:55:50 en was ook eerste in die O/18-kategorie.

Die grootste groep plaaslike fietsryers het aan die 35 km-wedren deelgeneem. Richard Lambert, wat glad nie vreemd is vir ‘n plek op die podium nie, was die algehele wenner van die wedren in ‘n tyd van 01:25:26. Hy was ook eerste in sy ouderdomskategorie (Youth Men) vir seuns tussen 15 en 16 jaar. Turner de Swardt het op sy beurt algeheel sesde geëindig in ‘n tyd van 01:31:38 (algeheel vierde in die Youth-manskategorie), terwyl Marno van Zyl algeheel 13de was in ‘n tyd van 01:38:18. Van Zyl was ook algeheel derde in sy junior mans-kategorie.

Christelle Coetzer, algeheel 19de, was die eerste Youth-vrou om die 35 km te voltooi in ‘n tyd van 01:41:37. Voorsitter van die Soutpansberg Fietsryklub Stanley Thompson was algeheel 22ste in 01:43:42 en die derde veteraan man tuis. 'n Paar minute na hom het Joleen de Swardt oor die eindstreep gery. Sy eindig algeheel 48ste, maar was die eerste meisie in die junior vroue kategorie. Mark Acrher was algeheel 56ste in 02:07:22 en Andra Thompson algeheel 61ste in 02:12:24. Andra was ook die derde meesters vrou tuis.

Twee jong fietsryers het op hulle beurt deelgeneem aan die 10 km-uitdaging. Rohan Cronjé was algeheel sesde in ‘n tyd van 00:35:36 en was die tweede sub-junior seun, terwyl Rafhiwu Kutama algeheel 11de geëindig het in 00:36:18.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines