

ADVERTISEMENT:

Sport Date: 07 May 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Michelle van Niekerk, oud-leerling van Hoërskool Louis Trichardt is gekies om die Suid-Afrikaanse Protea-vrouespan te verteenwoordig by die Wêreldbeker Binnenshuise Kriekettoernooi in Sri Lanka.
Hierdie Wêreldbeker Toernooi vind vanjaar in Oktober plaas. Mededinging sal wees teen spanne vanaf Engeland, Indië, Sri Lanka, Australië en Nieu-Seeland.
Michelle het in 2001 gematrikuleer en is tans 'n finalejaar BSportwetenskapstudent aan die Universiteit van Pretoria. Sy het baie vinnig opgang gemaak in binnenshuise krieket, nadat sy in 2002 daarmee begin het. In November 2002 het sy die Beste Kolwer-toekenning ontvang tydens 'n nasionale toer van die Suid-Afrikaanse Dames A-span. Michelle is ook aangewys as afrigter van Suid-Afrika se dames 0/19-wêreldbekerspan wat in 2005 sal meeding.
Michelle het egter nie die buitenshuise krieket afgeskeep nie en speel vir die Titans, Noord-Gauteng se vrouekrieketspan. Sy is ook kaptein van die eerstespan van die Universiteit van Pretoria.

ADVERTISEMENT:
