ADVERTISEMENT:

 

Breëbors pronk die span van die Sout¬pansberg Gholfklub met die Mpumalanga Country Club-trofee. Voor (van links) is Riaan Erasmus en Theo Lordan. Agter is Eben Möller, Franna Knoetze (klubkaptein van die Soutpansberg Gholfklub) en Zagrys Nortjé.

Gholfklub wen Mpumalanga <i>Country Cup</i>

 

Sport  Date: 21 October 2005

 

Die Soutpansberg Gholfklub het voorwaar rede om breëbors te pronk, nadat vier van sy spelers op 16 Oktober die gewilde Mpumalanga Country Cup ingepalm het.

Die Mpumalanga Country Cup word eweneens beskou as een van die gewildste toernooie vir plattelandse gholfklubs in die land se noordelike provinsies (ou Transvaal). Dit word jaarliks aangebied deur die Mpumalanga Gholf-unie op Middelburg en het vanjaar 24 plattelandse spanne, bestaande uit vier spelers elk, gelok.

Die Soutpansberg Gholfklub het twee spanne ingeskryf, maar dit was die span bestaande uit Eben Möller, Theo Lordan, Zagrys Nortjé en Riaan Erasmus, wat die toernooi met ‘n ongelooflike gesamentlike 33 houe onder baansyfer gewen het. Hul netto-telling was 255 houe. Dit is ook die eerste keer in die geskiedenis van die klub dat hulle daarin kon slaag om die trofee te verower.

“Die kuns om te wen is om die regte vier spelers saam te groepeer,” sê klubkaptein Franna Knoetze. Die toernooi word oor 36 putjies beslis met die vier spanlede wat twee-twee saam speel in ‘n beterbal/houespel-formaat.

“In die laaste 12jaar is dit sekerlik die grootste toekenning wat die Soutpansberg Gholfklub nog ontvang het,” het klublid Daan Nel opgemerk. Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie, veral as daar in ag geneem word dat die klub maar sowat 60 aktiewe lede het. Die Pietersburg Gholfklub, wat naaswenners in die kompetisie was, kon hul span kies uit sowat 500 aktiewe lede.

Franna het sy dank uitgespreek teenoor die spelers vir hul deursettingsvermoë. Vir twee van die wenspan se speler was dit die eerste keer dat hulle die betrokke baan speel. Hy was ook vol lof vir Daan vir sy volgehoue ywer om deelname te verseker, asook Theo Lordan van Vhavenda Bricks, wat die span geborg het.

Die Soutpansberg Gholfklub se ander span het bestaan uit Willie Nel, Daan, Wally Jehle en Franna. Hul netto-telling van 274 punte kon nie vir hulle ‘n plek verseker nie, maar hulle het steeds onder die top 10 spanne geëindig. Op ‘n ligter noot spot Daan dat hy en Theo darem die “potspeltoernooi” tydens die byeenkoms gewen het.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines